
Ek wil net uit die diepte van my hart baie dankie sê aan Laerskool Kalie de Haas vir hulle voortdurende ondersteuning en hulp.
Julle het Xuané verwelkom met ope arms al is sy rolstoelgebonde, julle het opritte gemaak sodat sy gemaklik by die trappe op en af kan kom, julle het haar tafel hoër gemaak sodat die rolstoel onder kan inpas en julle akkommodeer haar in die huidige posisie wat sy is.
Julle beteken so baie vir ons en julle almal by Kalies het harte van goud.
Albei my kinders is baie gelukkig en ek is trots daarop om te sê dat my kinders in Kalies is, want ‘n beter skool kry mens nie.
Theresa Nieuwenhuis, Standerton.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



