
Volgens my kennis moet die wettige eienaar van ’n voertuig wat deur middel van ’n spoedkamera gevang is, binne 30 dae ’n kennisgewing van die oortreding kry indien dit van die plaaslike munisipaliteit se verkeersafdeling kom.
Indien dit van ’n kontrakteur kom, moet dit die geregistreerde eienaar binne 40 dae bereik.
Die boetes en dagvaardigings is ongeldig as jy eers onderskeidelik 30 of 40 dae na die sogenaamde oortreding kry.
Wag maar vir die volgende 85 jaar en gaan dan hof toe.
Mnr. Henry Masango, daar is nie so ding soos ’n rekenaarfout nie.
Dit is ’n half aan die slaap rekenaar-operateur se fout.
Verder mnr. Masango, moet jy eers jou verkeersregulasies gaan bestudeer.
Julle kon die vroue baie tyd en ergenis gespaar het om die groen gemufte kaartjies op te skeur.
Die verkeersbeamptes ken nie die verkeersreëls en regulasies nie.
Dit is hoekom daar net spoedlokvalle is, stop en vra vir bestuurderslisensies en op Secunda soms parkeerkaarttjies geskryf word.
Hoekom is daar na donker nooit iemand op diens om te sien hoeveel voertuie se een of altwee hoofligte werk nie?
Hoeveel motoriste wat op hul selfone praat is die afgelope vyf jaar al beboet?
Skaapduweltjie van Niekerk, Evander.



