
Ek weet nie meer waar om oor die kragprobleem op Bethal te kla nie.
Die krag in Du Plooystraat gaan daagliks aan en af.
Die munisipaliteit stel niemand in kennis van krag wat moontlik gaan afgaan nie.
Verder kan ek vele ander verklarings van inwoners wat ook mismoedig oor die probleem is, kry.
Sommige inwoners se krag is 150V in plaas van 220V.
Die tendens veroorsaak dat toebehore uitbrand.
Weens die krag wat nie reg is nie, het my boorgatmotor uitgebrand.
Ek moes self vir die herstelwerk daarvan betaal.
Ek sit in ’n rystoel en is ’n parapleeg en kan weens gesondheidsprobleme nie werk nie.
Ek kry net ’n ongeskiktheidstoelae van R1 350.
Is dit hoe dit werk ?
Marius Cornelissen, Bethal.



