
SECUNDA – Die binnenshuise netballiga by Lake Umuzi het verlede week voortgegaan en in die eerste wedstryd vir die week het Cautions die Underdogs met ’n telling van 46-42 geklop.
Die Silent Assassins het met die Mix & Match-span afgereken en 57 punte behaal.
Die Cautions en die Puss & Boots-span het later in die week kragte gemeet en die Cautions het in die stof gebyt toe die Puss & Boots-span 72 punte aangeteken het.
Die Silent Assassins en die Underdogs het Vrydag, 8 November meegeding en die Silent Assassins het gewen en 62 punte aangeteken.
Die Fun Girls het met die Cauitions afgereken en het 55 punte behaal.
Die Puss & Boots-span het die Stingers 2 geklop en het 56 punte behaal.
Die liga gaan dié week aan en die spanne wat gaan kragte meet, is die Fear This teen die Mix & Match-span, die Fun Girls teen die Pofmuise, die Puss & Boots-span teen die Silent Assassins, die Stingers 2 teen die Fun Girls, die Mix & Match-span teen die Pofmuise, die Underdogs teen die Puss & Boots-span en die Cautions teen die Fear This-span.
Wedstryde is elke Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 5nm tot 8nm by Lake Umuzi.
Almal is welkom om te kyk en die spanne te ondersteun.
Vir meer inligting, skakel me. Adelle Grové by 072 262 4634.