Local sportSport

Bethal Bears blink uit

Bethal het vroeg gesukkel met die openingsboulers van Connecto wat skitterend geboul het en vier vinnige paaltjies laat kantel het.

BETHAL – Die Bethal Bears het teen Connecto Krieketklub van Middelburg op hul tuisveld te staan gekom en die wedstryd maklik gewen.

Bethal se kaptein, Andre Ponting, het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.

Bethal het vroeg gesukkel met die openingsboulers van Connecto wat skitterend geboul het en vier vinnige paaltjies laat kantel het.

Die Bears was op ’n stadium 40/4.

Ponting en Nico Coetzee het bymekaar gekom en die kolfbeurt gestabiliseer.

Ponting het sy paaltjie vir 20 lopies verloor.

BG Spangenberg en Liam Korf met ’n waardevolle 23 en 11 lopies onderskeidelik en het Coetzee mooi bygestaan om te verseker dat die Bears 201 lopies aanteken.

Ashley Methula en George Plowman wat Bethal se provinsiale spelers is, se boulwerk was net te goed vir Connecto wat op gereelde basis paaltjies verloor het.

Albei boulers het vier paaltjies geneem en sodoende verseker dat die Bethal Bears die wedstryd met 120 lopies wen.

Nico Coetzee met sy onoorwonne 57 lopies is as die Speler van die Wedstryd aangewys.

Bethal speel eerskomende naweek teen die Bulldogs op Bethal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button