Local sportSport

Sasol Stoeiklub hou prysuitdeling

Sasol Stoeiklub se stoeiers ryg trofees in tydens prysuitdeling.

SECUNDA – Sasol Stoeiklub het in Oktober hul jaarlike prysuitdeling gehou en hul beste stoeiers vereer.

Die stoeiers wat pryse en wisseltrofees ontvang het, is Angelique Jooste (bes gevorderde vroue-stoeier in die 6- tot 11-jaarafdeling en die mees wetenskaplike stoeier in die 9- tot 11-jaarafdeling), Erik Grobler en Ruben Weideman wat die trofee vir die beste 0/6-stoeier deel, Jordan Webb (beste 0/7-stoeier, die beste muggiestoeier en die mees wetenskaplike stoeier in die 6- tot 8-jaarafdeling), Anru van Zyl (beste 0/9-stoeier en die beste stoeier in die 9 tot 11 jaarafdeling), Janus Jooste (beste 0/13-stoeier en die moedigste stoeier), Dawie Hechter (beste beginner), Nathan Webb (beste presidentstoeier, beste provinsiale vrystylstoeier, stoeier wat die meeste wedstryde gewen het deur die jaar en die stoeier wat ’n plek tydens ’n Suid-Afrikaanse stoeikampioenskappe verwerf het) en Nico van den Berg (beste 0/15-stoeier, beste kadetstoeier, beste 0/13-seniorafdelingstoeier, beste Grieks-Romeinse provinsiale stoeier, stoeier met die meeste punte vir eerste, tweede en derde plekke, die mees wetenskaplike 13 tot 15 jaarafdeling stoeier, mees wetenskaplike kadet junior/senior stoeier, algehele Grieks-Romeinse stoeier van die jaar, algehele vrystylstoeier van die jaar, stoeier wat ’n plek behaal het tydens ’n Suid-Afrikaanse stoeikampioenskappe en die Sasol-trofee vir die stoeier wat ’n Suid-Afrikaanse kampioen geword het).

Ander lede wat pryse gekry het, was Japie en Alta Hechter vir die borg van T-hemde, Denise Mohr wat die trofee deel met Karen Jooste vir hulp tydens die klub se geldinsamelingsprojekte.

Mohr deel ook die trofee vir provinsiale spanbestuurder, Lollie van den Berg wat die trofee deel vir hulp tydens die klub se geldinsamleingsprojekte en die trofee vir die Suid-Afrikaanse administratiewe beampte, Manie van den Berg (trofee vir internationale deelname), Frik Grobler, Sonya Grobler en Deon Smit (deel die trofee vir hulp met die Pumatjie-stoeiers), Johan Jooste (trofee vir provinsiale afrigter), Heide Ferreria (trofee vir provinsiale administratiewe beampte), Angie Potgieter (trofee vir provinsiale skeidsregter), Elma Webb (deel die trofee vir provinsiale spanbestuurder) en Johan van den Berg (trofee vir Suid-Afrikaanse afrigter).

Alexander Bezuidenhout, Pieter Bornman, Stian Griffin, Calene Grobler, Jean Jansen van Nieuwenhuizen, Ethan Jones, Dustin le Roux, Ethan Mohr, Matt Ruguwa, Tino Ruguwa, Stefan Slabbert, Divan Smit, Zandre Smit, Franco Swartz, EJ Venter en Ewan Weideman het aansporingstrofees ontvang.

Die president van Sasol Stoeiklub, mnr. Johan van den Berg, het sy gelukwensinge aan die wenners oorgedra en gesê hy is trots op al die lede van Sasol Stoeiklub.

,

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button