Local sportSport

Willem Poortman sluit jaar goed af

Visse het gewissel tussen 600g en 1kg.

KRIEL – Die manne van die Highveld Bassmeesters het op 9 Oktober aan hul laaste kompetisie vir die jaar by Vygeboom naby Badplaas deelgeneem.

Willem Poortman was die algehele wenner.

Die manne het heel fluks gehengel en die meeste van hulle het hul kwotas met vyf weegbare vis (vis van 30 sentimeter of groter) behaal.

Dié visse het gewissel tussen 600g en 1kg.

Volgens hengelaars was die weer ideaal tot omsteeks 2nm toe die wind opgesteek het.

Die klub is weer op volle dreef vanaf Saterdag, 11 Januarie.

Almal wat wil saam hengel, kan mnr. Sarel van Rensburg, voorsitter, skakel by 082 388 2012.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button