Local sportSport

EXE Motorsport

Deel in die pret

EXE Motorsport (plaaslike Xtreme 4×4-klub) in sameweking met 4×4 X-track Racing (nasionale 4×4-klub) bied op 30 November hul laaste 4×4-byeenkoms vir die jaar by die EXE-baan op die pad na Amersfoort aan.

Geesdriftiges sal die geleenheid kry om plaaslike en nasionale deelnemers op dié nuwe standaardbaan in aksie te sien.

Volgens ’n woordvoerder van EXE Motorsport, hoop hulle deur dié dag suksesvol aan te bied, daar in die volgende twee jaar ’n moontlikheid mag bestaan om een van die nasionale klubrondtes plaaslik aan te bied.

Vir meer inligting, besoek EXE Motorsport se Facebook-blad by www.facebook/exemotorsport.com, www.facebook/4xtr.com of hul webtuiste www.4xtr.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button