
SECUNDA – Die Auto 4×4 Adventure Fitmentsentrum bied op 30 November ’n 4×4-uitstappie op ’n plaas naby Kinross aan.
Daar gaan ’n hindernisbaan ook wees waar 4×4-geesdriftiges hul vaardighede kan toets.
Mnr. Theo Janse van Rensburg van die Auto 4×4 Fitmentsentrum het mense genooi om dié dag saam met hulle te geniet.
“Kom geniet die mooi van die veld, landerye en diere- en voëllewe,” het hy gesê.
Volgens hom het die roete tegniese gedeeltes, maar ook alternatiewe roetes vir dié wat dit te moeilik sal vind om die tegniese gedeelte te ry.
Belangstellendes moet hul eie eetgoed, water en koeldrank asook ’n houer of plastieksak vir die leë bottles en papiere saamneem.
Deelnemers mag nie enige vullis agterlaat nie omdat hulle deur kampe waar beeste en kalwers is, gaan ry en mnr. Janse van Rensburg het deelnemers gevra om al hul vullis weer saam met hulle weg te neem.
Kostes is R160 per voertuig met bestuurder en R10 vir ander insittendes.
Dit is gratis vir kinders onder 12 jaar.
Deelnemeers sal om 7vm by die N.G. Kerk Kinross-gemeente bymekaar kom waar hulle inskrywingsvorms sal voltooi en die groep sal dan om 8vm vanaf die kerk ry.
Mnr. Janse van Rensburg het belangstellendes gevra om hom teen Donderdag, 28 November voor 6nm te laat weet dat hulle gaan deelneem.
Jy moet dan die voertuig waarmee jy gaan deelneem en die getal mense wat saamgaan, vir hom gee.
Vir meer inligting, skakel hom by 082 467 1620.