Silent Assassins wen liga
Silent Assassin en Puss and Boots-span meet kragte in eindronde.
SECUNDA – Die Silent Assassins het die binnenshuise netballiga wat ‘n paar maande gelede begin het en Saterdag, 23 November ten einde geloop het, gewen.
Hulle het met die Puss and Boots-span in die eindronde kragte gemeet en die liga met ‘n telling van 36-34 gewen.
Die Fun Girls en die Underdogs het in die halfeindronde mee geding en die Fun Girls het dié wedstryd beklink en algeheel derde in die liga geëindig terwyl die Underdogs vierde geëindig het.
Die ander netbalspelers wat pryse gewen het was Elz-Mari de Beer (beste vrouespeler vir die somerseisoen 2013), David du Plessis (beste mansspeler vir die somerseisoen 2013), Johandri Marais (beste verdediger), Leatitia Blom (beste doel), Elmari Booysen (beste binnebaanspeler), Friedrich Mülke (beste manssspeler vir die dag) en Annemi Homan (beste vrouespeler vir die dag).
Die nuwe binneshuise netbalseisoen begin in Januarie en belangstellendes wat vir dié seisoen wil registreer moet voor 25 Januarie met die organiseerder, me. Adelle Grové in verbinding tree.
Alle belangstellendes is welkom om spanne in te skryf en mag nie meer as 12 spelers vir ‘n span registreer nie.
Mense wat belangstel om vir dié liga te skeidsreg, kan ook met me. Grové in verbinding tree.
Skakel haar by 072 262 4634.



