Wedren by Rietkuil Raceway
Die hoogtepunt van die aand is die hotrods en die 1660cc-klasse.
KRIEL – Die Rietkuil Raceway bied op Saterdag, 7 Desember om 4pm die laaste wedren aan vir 2013 op die teer ovaalbaan reg langs Arnot Kragstasie aan.
Verskeie jaers van Klerksdorp, Brakpan, Vereeniging, Richardsbaai, Mahem en nog meer gaan in verskillende klasse deelneem.
Die hoogtepunt van die aand is die hotrods en die 1660cc-klasse.
Hierdie jaers gaan vir prysgeld jaag en hulle gaan poog om die huidige baanrekords te verbeter in hul onderskeie klasse.
Die hek maak om 12pm oop.
Toegang is R40 per persoon, R20 vir kinders van 7 tot 13 jaar en R15 per voertuig.
Kos sal op die perseel te koop wees.
Vir navrae, skakel Kobus by Auto Carb by 073 1733 988.



