Local sportSport

Toeskouers geniet Xtreme-motorpret

Van die beste 4x4-deelnemers in die land het in verskillende klasse deelgeneem.

Ermelo EXE Xtreme Motorsportklub het weer vir baie opwinding gesorg toe die laaste 4×4-byeenkoms van die jaar Saterdag op die EXE-baan buite Ermelo aangebied is.

Van die beste 4×4-deelnemers in die land het in verskillende klasse deelgeneem en hul vernuf om die uitdagende hindernisse op die baan te bemeester, is tot die uiterste getoets. DiĆ© soort motorsport raak al hoe meer gewild onder toeskouers wat baie naby aan die motors kan staan terwyl die bestuurders die hindernisse trotseer.

Saterdag se uitslae is soos volg:

Supermodified klas: Eerste – Willie Bester (Gauteng), tweede – Johan Strauss Ermelo) en Stefan Pretorius (Ermelo)- derde. Modifieds: Eerste – Rory Flett (KZN), tweede – Corrie Hudson (Gauteng) en derde – Michael Hudson (Gauteng). Locker Class: Eerste – Arno Drenth, tweede. – Roelof Kruger en derde – Shaun Kruger (almal van Gauteng). Standaardklas: Eerste Johan Becker (Gauteng), tweede – Jack Nel (Middelburg) en derde – Andries Venter (Ermelo).

Die organiseerders bedank die volgende borge vir hul ondersteuning: 24 Motors, Rothman Motors, Hardie Bande, Spitronics, Aeon Hire en Signs to See.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button