Local sportSport

Willem maak skoonskip

Dit is weer tyd vir die “Greenkeepers’ Revenge” di naweek.

BETHAL – Willem du Plooy het Saterdag, 11 Januarie die maandelikse beker en die “Month of Mugs” gewen.

Spelers ding maandeliks vir die maandelikse beker mee en aan die einde van die jaar ding die 12 wenners van die maandelikse beker vir die “Month of Mugs” mee vir ’n algehele kampioen.

Dit is waarom Du Plooy Saterdag skoonskip gemaak het en weer aan die begin van volgende jaar in aanmerking sal kom vir die “Month of Mugs”-toernooi.

Jano Fourie en Charles Bodenstein het onderskeidelik tweede en derde in die maandelikse bekertoernooi geëindig.

Gholfspelers kan solank gereedmaak vir ’n opwindende toernooi wat dié naweek gaan plaasvind.

Dit is weer tyd vir die “Greenkeepers’ Revenge”.

Mnr. Chris Kruger van die Bethal Gholfklub het gesê dat hy nie te veel wil uitlaat oor die uitleg van die baan nie, maar dat spelers wat gaan deelneem, ’n onvergeetlike dag van gholf gaan beleef.

Spelers kan reeds begin inskryf.

Vir meer inligting, skakel mnr. Kruger by 017 647 3265.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button