Local sportSport

Fietsryers geniet nagrit

Ryers geniet sonsondergang en koeldrank.

SECUNDA – Sasol Fietsryklub het op Donderdag, 16 Januarie ’n bergfietsnagrit vanaf Secunda na Trichardt aangebied.

Verskeie fietsryers, wat gesinne en kinders insluit, het net voor sononder by die Sasol Ontspanningsklub weggespring en tot op Trichardt en op ’n plaaspad buite Trichardt gery.

Fietsryers het ’n afstand van 33km afgelê en koeldrank langs die pad geniet.

“Dit is die tweede nagrit wat ons aanbied en ons beplan om dit van nou af gereeld te doen,” het me. Ruanne van der Walt van Sasol Fietsryklub gesê.

Sy het dit as ’n sosiale geleentheid vir fietsryers om mekaar te ontmoet, beskryf en die doelwit is om alle fietsryers te betrek.

“Almal is welkom, ons ry rustig en wag vir almal.

“Ouers met kinders kan gerus volgende keer ook deelneem.

“Dit is iets anders as om in die dag fiets te ry en is opwindend,” het me. Van der Walt gesê.

Mense wat by Sasol Fietsryklub wil aansluit, kan haar skakel by 079 376 4915.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button