Local sportSport

Houtkapper bied skietdag aan

Kom skiet saam op 15 Februarie.

TRICHARDT – Plaaslike skuts het Saterdag, 18 Januarie ’n pret skietdag aangebied en is tans in die proses om ’n tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging op Secunda te vestig.

Die naam vir dié tak sal Houtkapper-Secunda (SAJWV) wees.

Volgens die organiseerder, mnr. Thinus Labuschagne, is dié tak nou nog ’n satelliettak van Bethal se SA Jagtersvereniging.

Elke skut het drie rondtes gehad om na ’n teikenbord te vuur.

Daar was ook ’n kleiduifbaan vir deelnemers met haelgewere.

Phillip GH Venter was die wenner met PR Venter in die tweede plek en Chris Watson derde.

Matie Kruger was die wenner onder die vroue en Johann van Vuuren was die wenner onder die junior deelnemers

Andries van Huysteen was die wenner op die kleiduifbaan en die wenners in die ander afdelings op die kleiduifbaan was Liezel Brits en Pieter Venter.

Houtkapper-Secunda bied op 15 Februarie weer ’n skietdag aan en belangstellendes kan mnr. Pieta Engels skakel by 071 683 1746.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button