SECUNDA – Sasol Krieketklub het Saterdag, 8 Februarie met Middelburg 2 Krieketklub kragte gemeet en die wedstryd met sewe paaltjies gewen.
Sasol het die loot gewen en besluit om eerste te boul.
Volgens die voorsitter van Sasol Krieketklub, mnr. Jacques Groenewald, kon Middelburg slegs 123 lopies in 43.1 boulbeurte aanteken.
Sasol se beste boulers was onder andere Ignus Koekemoer (kaptein) wat in 10 boulbeurte twee leë boulbeurte gehad het en drie paaltjies vir 28 lopies afgestaan het.
Morne van Zyl het in 10 boulbeurte twee leë boulbeurte gehad en twee paaltjies vir 15 lopies afgestaan, Michael Hobkirk het 7/2 in 27 lopies afgestaan en Groenewald het in 7.1 boulbeurte twee leë boulbeurte gehad en twee paaltjies vir 23 lopies afgestaan.
Sasol het teen die 30ste boulbeurt reeds 124 lopies vir drie paaltjies aangeteken.
Sasol se beste kolwers was Douglas Richardson (42 lopies nie uit nie), Dylan Niemand (agt lopies), Johan Visagie (sewe lopies), Morne van Zyl (43 lopies) en Neil Salzmann (vier lopies nie uit nie).



