Local sportSport

Skuts meet kragte

Lede kry goeie persentasies in liga op Secunda.

SECUNDA – Skuts van die Teksa Skietklub het Saterdag, 8 Februarie goed gevaar toe dié klub ’n liga op hul tuisbaan aangebied het.

Ronnie Gower van Witrivier het eerste geëindig en 100 persent behaal met Rosco Becker in die tweede plek met 96.60 persent.

Plaaslike skuts wat presteer het, is Paul Loock wat derde geëindig het en 93.44 persent verwerf het.

Fanie Pretorius en Derick le Roux van Teksa Skietklub het onderskeidelik vyfde en sesde geëindig met 92.66 persent en 85.55 persent.

Teksa Skietklub bied weer op 1 Maart ’n klubkompetisie aan.

Vir meer inligting, skakel mnr. Mark Kruger by 017 631 3656.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button