VOOR VLNR: Jordan Webb; Angelique Jooste en Jaden Grobler.
SECUNDA – Stoeiers van Sasol Stoeiklub het op Saterdag, 15 Maart aan die Mpumalanga Gradering Stoeikampioenskappe op Middelburg deelgeneem en die medaljes ingeryg.
Die stoeiers wat goue medaljes behaal het, is Angelique Jooste (vroue 0/11-afdeling), JP Buys (mans vrystylafdeling), Janus Jooste (mans 0/13-afdeling), Nico van den Berg (presidentafdeling) en Nathan Webb (mans 0/15-afdeling, kadetafdeling en presidentafdeling).
JP Louw, Jooste en Van den Berg het ook goue medaljes in die Grieks Romeinse-afdeling behaal.
Van den Berg en Jaden Grobler het silwermedaljes in onderskeidelik die kadetafdeling en die mans 0/9-afdelings verwerf.
Jordan Webb het in die 0/8 langtermyn onwikkelingsafdeling deelgeneem.
Sasol Stoeiklub het altesaam 16 plekke met hul 16 inskrywings behaal.
Die president van die klub, mnr. Johan van den Berg, is trots op die stoeiers.
Hy het alle voornemende stoeiers wat seuns en dogters vanaf die ouderdom van vier insluit, genooi om by die klub aan te sluit.
Oefentye is Maandae en Woensdae vanaf 6nm tot 8nm in die hoof-sportsaal by die Sasol Ontspanningsklub.
Vir meer inligting, skakel mnr. Van den Berg by 082 322 9893 of me. Lollie van den Berg by 082 343 7800.



