Duiwe vat koers
Die volgende twee wedvlugte vind op 7 Junie vanaf Klerksdorp plaas.

Standerton Posduifklub het vanjaar hulle eerste 210km-wedvlug op 31 Mei vanaf Potchefstroom gehou.
Die lede het geesdriftig hulle duiwe gemandjie met duiwe wat onderskeidelik op Saterdag om 8vm en 8.30vm in mooiweerstoestande met ’n matige noord-weswind losgelaat is.
Die uitslae van die jaaroud-afdeling met ’n windspoed van 81,7km/uur was:
Norden Lombard se duiwe was 1 en 4de, Robin Scott 2, 3, 17 en 18de, Marius Esterhuizen 5, 19, 20, 26 en 27ste, Ben Steyn 6, 31, 32, 39 en 40ste, Ronald Scott 7, 8, 12 en 36ste, Geelbos 9, 10, 15, 16, 24 en 38ste, Danie van Staden 11 en 13de, John Vienings 14, 28, 29, 30 en 37ste, David van der Linde 21, 22, 23 en 25ste, Smokin Joe 33ste en Johann Marneweck 34 en 35ste.
Die uitslae in die ope-afdeling met ’n windspoed van 82,8km/uur was:
Ben Steyn se duiwe was 1, 12 en 33ste, Geelbos 2, 11, 28, 32, 39 en 40ste, David van der Linde 3, 4, 21, 30 en 37ste, John Vienings 5, 6, 22, 23 en 29ste, Ronald Scott 7,8, 13, 14, 25 en 27ste, Robin Scott 8, 16, 18, 19, 24 en 26ste, Marius Esterhuizen 10, 34, 36 en 38ste, Danie van Staden 15, 17 en 31ste en Smokin Joe 20 en 35ste.
Die volgende twee wedvlugte vind op 7 Junie vanaf Klerksdorp plaas.
Vir meer inligting skakel Danie van Staden by 082 924 4799.



