Local sportSport

Heinrich geniet gholf

Nuwe klubbestuurder glo gholf is ’n leefstyl.

SECUNDA – Heinrich Britz is onlangs as Graceland Gholfklub se nuwe bestuurder aangestel.

Die gholfgogga het Britz gebyt nadat hy as tiener sy oorlede pa se stokke in die motorhuis sien staan het en besluit het om dit op die gholfbaan te gaan uitprobeer.

Hy het ’n voëltjie op sy eerste putjie aangeteken en besluit gholf is die sport vir hom, maar hy glo gholf is nie ’n spel nie maar ’n leefstyl.

Britz het op Delmas grootgeword en is na matriek vir 17 jaar lugmag toe.

Hy het ook ’n draai op die grens van Angola en Namibië gemaak en vir drie jaar in Ierland en Amerika onderskeidelik as vragmotorbestuurder en op ’n plaas gewerk.

Hy het in dié tyd steeds gholf gespeel in sy vrye tyd en later in Suid-Afrika sy gholfafrigtingskursus gedoen.

“Ek het destyds nog my kursus by Graceland gedoen,” het Britz gesê.

Hy het as gholfafrigter by verskeie klubs in Pretoria gewerk en rig nou nog gholf af.

Hy het ook vir ’n jaar by Damelin Kollege klas gegee vir hul studente wat in die PGA Gholfrigting studeer het.

Britz speel nou al vir 35 jaar gholf en het ook die enigste Afrikaanse gholfafrigtings-DVD gemaak.

Vir meer inligting oor Graceland Gholfklub of om ’n gholfles te bespreek, skakel hom by 072 172 3599.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button