Netbalspanne meet kragte
Die vierde week van dié liga het Maandag, 23 Junie afgeskop en die Buns & Guns en die Tangy Fast Fires het Maandag kragte gemeet.
SECUNDA – Die derde week van die nuwe binnenshuise netballiga by Lake Umuzi het Maandag, 16 Junie afgeskop en die Silent Assassins het die Hot Rods met ’n telling van 53-24 geklop.
Die Sublime-span en die Black Magic-span het Woensdag, 18 Junie kragte gemeet en die Black Magic-span het die onderspit gedelf en teen die Sublime-span verloor met ’n telling van 56-12.
Die Fighting Hens en die Tangy Fast Fires het ook op dié dag kragte gemeet en die Fighting Hens het die wedstryd gewen met ’n telilng van 30-0.
Die vierde week van dié liga het Maandag, 23 Junie afgeskop en die Buns & Guns en die Tangy Fast Fires het Maandag kragte gemeet.
Die spanne wat Woensdag, 25 Junie teen mekaar gaan meeding is die Hot Rods teen die Fighting Hens en die Puss & Boots-span teen die E-Lamon-Nator-span.
Die Buns & Guns-span meet Vrydag, 27 Junie kragte met die Sublime span en die Bethal Stingers en die Jaguars gaan mekaar ook die stryd aansê.
Belangstellendes is welkom om na die wedstryde wat by Lake Umuzi plaasvind te gaan kyk.
Vir meer inlgting, skakel me. Adelle Grové by 072 262 4634.



