SECUNDA – Sasol Netbalklub se liga het Saterdag, 28 Junie by die Sasol Ontspanningsklub afgeskop en altesaam ses spanne het deelgeneem.
Die spanne wat Saterdag deelgeneem het, is Juventus 1, Juventus 2, die Blondies, die Milan-span, die Msukaligwa-span en Sasol Netbalklub.
Netbalspanne gaan elke Saterdag meeding.
Sasol het Saterdag twee wedstryde gespeel en eers teen die Blondies te staan gekom en hul wedstryd met ’n telling van 20-15 gewen en toe met die Msukaligwa-span kragte gemeet en weer eens met ’n telling van 17-12 gewe.
Vir meer inligting oor dié liga, skakel me. Adelle Grové by 072 262 4634.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



