SECUNDA – Die sesde week van die binnenshuise netballiga het verlede week by Lake Umuzi afgeskop en die Puss & Boots-span en die Jaguars het Woensdag, 9 Julie kragte gemeet en die Puss & Boots-span het die wedstryd met ’n telling van 65-7 gewen.
Die Wolf-Pack-span en die Underdogs het ook op dié dag kragte gemeet en die Underdogs was die wenners met ’n telling van 59-14.
Die Jaguars en die Wolf-Pack-span het Vrydag, 11 Julie teen mekaar te staan gekom en die Wolf-Pack-span het die wedstryd beklink met ’n telling van 37-10.
Die Black Magic-span en die Buns & Guns-span het Maandag, 14 Julie kragte gemeet en Woensdag 16 Julie ding die Jaguars en die Shooting Stars, asook die Guns & Buns-span met die Fighting Hens teen mekaar mee.
Die Silent Assassins en die Black Magic-span sê mekaar op Vrydag, 18 Julie die stryd aan, asook die Bethal Stingers en die E-Lemon-Nators-span.
Belangstellendes is welkom om na dié wedstryde by Lake Umuzi te gaan kyk.
Vir meer inligting, skakel me. Adelle Grové by 072 262 4634.



