BETHAL – Die plaaslike rugbyklub se eerstespan het op 19 Julie die span van Standerton met 31-17 geklop.
Die tweedespan het ook hul wedstryd met 59-20.
Hannes Swanepoel, Marius Herbst en Bees Beeslaar het vir die eerstespan uitgeblink.
Die span wat teen rustyd 7-5 agter was, het in die tweede behoorlik oorheers om 24 punte aan te teken.
Bethal se hanteerfoute het gelei tot twee drieë vir Standerton.
Die tweedespan se spelers van die wedstryd is FC Labuschagne en Altus Kleyn.
Bethal se tweedespan het skitterende rugby gespeel en behoorlik ‘n drieë fees beleef.
Bethal speel eerskomende Saterdag in die eindronde teen Standerton in ‘n tuiswedstryd
Die tweedespan se wedstryd begin om 2.30nm en die eerstespanne draf 4nm uit.



