Local sportSport

Sasol klop Nelspruit

Sasol Rugbyklub vra vir gebede.

SECUNDA – Sasol Rugbyklub het verlede naweek Nelspruit 26-10 in die kwarteindronde van die Mpumalanga-rugbyliga geklop.

Volgens Sasol Rugbyklub se skakelbeampte, me. Mariëtte Kruger, het Sasol die eerste punte aangeteken met ’n strafskop deur Deon Pruis en teen halftyd het Sasol 10-0 voorgeloop.

“Ons is trots op Sasol se deursettingsvermoë,” het me. Kruger gesê.

Sasol speel Saterdag, 26 Julie teen Witrivier op Witrivier en dit gaan glo ’n groot wedstryd wees.

Altesaam drie Hoëveld-rugybspanne het na die halfeindronde deurgedring en as Sasol Saterdag hul wedstryd wen, dring hul na die Community Cup deur.

Sasol se Spur Manne van die Wedstryd verlede Saterdag was Deon Pruis, Zwerus Evers, Ty Stander en Alfie Bylefeldt.

Die ander puntemakers was Koos Fourie, Dirk Lowies en Werner Joubet wat elk een drie gedruk het.

Me. Kruger het namens die klub die gemeenskap gevra om Sasol Rugbyklub te ondesteun en die klub in hul gebede op te dra.

“Die spelers werk hard en gee hul alles om bo uit te kom.

“Ons is bevoorreg om met sulke talentvolle spelers te kan saamwerk,” het me. Kruger gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button