Local sportSport

Netbalspanne ding mee

Belangstellendes kan netbalspanne by Lake Umuzi ondersteun.

SECUNDA – Die sewende week van die binnenshuise netballiga het verlede week by Lake Umuzi afgeskop en die Buns & Guns-span en die Black Magic-span het Maandag, 14 Julie kragte gemeet.

Die Buns & Guns-span het die wedstryd met ’n telling van 34-15 gewen.

Die Shooting Stars en die Jaguars het Woensdag, 16 Julie teen mekaar gespeel en die Shooting Stars het die wedstryd 49-14 gewen.

Die Buns & Guns-span het die Fighting Hens op dieselfde dag geklop met ’n telling van 77-7.

Die Silent Assassin het die Black Magic-span Vrydag, 18 Julie 52-19 geklop en die Bethal Stingers die E-Lemon-Nators met 41-21.

Die liga duur vandeesweek voort en Maandag, 21 Julie het die Bethal Stingers en die Shooting Stars gespeel.

Die E-Lemon-Nators en die Shooting Stars ding Woensdag, 23 Julie mee, asook die Puss & Boots-span en die Wold Pack-span.

Die Sublime-span en die Hot Rods meet Vrydag, 25 Julie kragte, asook die Shooting Stars en die Wolf Pack-span.

Belangstellendes is welkom om na die wedstryde wat by Lake Umuzi plaasvind, te gaan kyk.

Vir meer inligting, skakel me. Adelle Grové by 072 262 4634.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button