Local sportSport

Spanne spook dit uit

Organiseerders nooi toeskouers na binnenshuise netballiga.

SECUNDA – Die binnenshuise netballiga by Lake Umuzi het op Maandag, 21 Julie voortgegaan en die Shooting Stars het die Bethal Stingers geklop met ’n telling van 38-31.

Die Shooting Stars het op Woensdag, 23 Julie met die E-Lemon-Nators kragte gemeet en hul wedstryd gewen met ’n telling van 35-25.

Die Puss & Boots-span het op dieselfde dag 66 punte aangeteken tydens hul wedstryd teen die Wolf Pack wat net nege punte kon kry.

Die Sublime-span en die Hot Rods het mekaar op Vrydag, 25 Julie die stryd aangesê en die Sublime-span het die wedstryd gewen met ’n telling van 38-29.

Die Wolf Pack-span het Vrydag weer in die stof gebyt toe hulle hul wedstryd teen die Shooting Stars verloor het.

Die telling van dié wedstyd was 57-26.

Die Shooting Stars en die Underdogs het op Maandag, 28 Julie kragte gemeet en op Woensdag, 30 Julie speel die Underdogs teen die Stingers en die Buns & Guns-span teen die Hot Rods.

Die Silent Assassins en die Tangy Fast Fires sê mekaar op Vrydag, 1 Augustus die stryd aan, asook die Bethal Stingers en die Wolf Pack-span.

Belangstellendes is welkom om na dié wedstryde by Lake Umuzi te gaan kyk.

Vir meer inligting, skakel me. Adelle Grové by 072 262 4634.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button