BETHAL – Die plaaslike rugbyklub het Saterdag, 26 Julie die Senior Rugbyliga gewen.
Hulle het in die eindronde teen Standerton uitgedraf en die wedstryd 23-16 gewen.
Sterk wind het die hantering bemoeilik en vir ’n harde wedstryd gesorg.
Kort voor die einde het Bethal die bal reg onder die pale gaan druk wat duidelik ’n goeie onderskepdrie deur Tommie Niemand was.
Die lynregter het egter besluit daar was ’n oortreding op die halflyn en Standerton het dadelik die bal vanaf die doellyn uitgeskop.
Bethal se tweedespan het ook hul wedstryd gewen.
Die Spelers van die Wedstryd van Bethal se eerstespan was Gerhard van Niekerk en Tommie Nieman en die tweedespan s’n was FC Labushagne en Corne Greyvenstein.



