SECUNDA – Netbalspanne het verlede week meegeding vir ’n plek in die kwarteindronde van die binnenshuise netballiga by Lake Umuzi.
Die spanne van die A-afdeling wat deurgedring het, is die Puss & Boots-span, die Underdogs, die Shooting Stars en die Stingers.
Die spanne van die B-afdeling wat deurgedring het, is die Buns & Guns-span, die Silent Assassins, die Sublime-span en die Hot Rods.
Dié spanne meet op Woensdag, 6 Augustus en Vrydag, 8 Augustus kragte en belangstellendes is welkom om te gaan kyk.
Die spanne wat Woensdag kragte meet, is die Puss & Boots-span teen die Hot Rods en die Buns & Guns-span teen die Stingers.
Die spanne wat Vrydag kragte meet, is die Underdogs teen die Sublime-span en die Shooting Stars teen die Silent Assassins.
Vir meer inligting, skakel me. Adelle Grové by 072 262 4634.



