Bethal wen Standerton in eindstryd 23-16
Standerton se eerste rugbyspan verloor teen Bethal in eindstryd
Standerton Rugbyklub se eerstespan het op 26 Julie in die eindstryd van die Mpumalanga Seniorliga teen Bethal met 23-16 op Bethal se velde verloor.
Pierre Wessels, Standerton se linkervleuel, het die enigste drie vir Standerton gedruk.
Tyrone Pienaar, buitesenter, het met twee strafskoppe en ‘n doelskop geslaag, terwyl Hendrik Coetzee ook met ‘n strafskop geslaag het.
Volgens ‘n toeskouer was dit ‘n tipiese eindstryd, nie mooi rugby nie, want die een span het gewag vir die ander om ‘n fout te maak.
Mnr. Jakes Coetzee, voorsitter van die klub, het gesĂȘ dat dit ‘n harde wedstryd was, maar dat hy trots op sy spelers was.
“Ons het ons doelwitte vir die seisoen oortref en is reg om groot spanne volgende jaar skrik te maak,” het mnr. Coetzee ook gesĂȘ. Volgens die afrigter van Bethal, mnr. Gerry Generall, kon enige span die wedstryd gewen het en hy was bly dat twee klein dorpe se rugby nog sterk is.
Mnr. Coetzee het weer eens uitgereik na die gemeenskap en hulle vir hul ondersteuning deur die seisoen bedank.



