Stywe Lyne
Niel Jansen van Rensburg het die eerste Meyerville Hengelklub Kompetisie van die jaar met 938.50 punte by die Grootdraaidam op 3 Januarie gewen.
Niel Jansen van Rensburg het die eerste Meyerville Hengelklub Kompetisie van die jaar met 938.50 punte by die Grootdraaidam op 3 Januarie gewen.
Altesaame 16 klublede het deelgeneem en 515 visse, met ’n gewig van 204.91kg, gevang.
Francois Scheepers was tweede in die seniorafdeling met 825.40 punte, gevolg deur Morne Ludick met 736.70 punte.
Dalene Hoffman het die vroue-afdeling met 76.60 punte beklink.
In die junior 0/19-afdeling het Franco Hoffman met 249.60 punte geseëvier.
Ewert Ceronio het die junior 0/13-afdeling met 349.90 punte gewen, terwyl JP Hoffman tweede was met 37.40 punte.
Richard Hills het die grootste kleinbek geelvis van 0.82kg vasgekap, Riaan Draper die grootste moddervis van 0.78kg, Daan Olwagen die grootste karp van 2.26kg, terwyl Riaan Draper ook die grootste baber van 0.36kg gevang het.
Die volgende klubkompetisie is op 7 Februarie ook by die Groodraaidam by die klubwater.
Vir enige inligting skakel Francois Scheepers, klubkaptein, by 083 279 4498.



