SECUNDA – Hoërskool Oosterland het op Vrydag, 13 Februarie teen skole van Ermelo, Mashisheng (Lydenburg) en Middelburg op Middelburg meegeding toe hulle aan die interskole atletiekbyeenkoms deelgeneem het.
Oosterland het in totaal met 39 medaljes weggestap en Quiton Venter is as die beste junior veldatleet aangewys vir sy prestasies in spiesgooi en gewigstoot.
Me. Jackie van Zyl, bemarker van Hoërskool Oosterland, het gesê: “Oosterland sluit die jaar se atletiekseisoen op ’n hoë noot af en sien uit die wintersport wat nou gaan afskop.”
Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 29C64351
WhatsApp – 082-611-3867



