Secunda-atlete blink uit
Baie van Hoërskool Secunda vir Suid-Afrikaanse Atletiekspan gekies.
SECUNDA – Verskeie plaaslike atlete is gekies om vanaf 24 tot 28 Maart aan die Suid-Afrikaanse Skole Atletiekkampioenskappe op Rustenburg deel te neem.
Hulle gaan ook vanaf 8 tot 11 April in Bloemfontein deelneem en vanaf 19 tot 21 Maart in Germiston.
Dié atlete is Jean Piere Booysen van Laerskool Goedehoop (SO/13 80m-hekkies).
Sy tyd in die Mpumalanga-atletiekkampioenskappe was 12.79 sekondes.
Estee Rudolph van Hoërskool Secunda (D0/16 100m-hekkies en 200m) se onderskeie tye in die Mpumalanga-atletiekkampioenskappe was 14.56 sekondes en 25.9 sekondes.
Lee Jovner, ook van Hoërskool Secunda (D0/16 100m), se tyd was 12.67 sekondes in die Mpumalanga-atletiekkampioenskappe.
Lolla Moekoena van Hoërskool Secunda, het by die Mpumalanga-atletiekkampioenskappe uitgeblink en gekwalifiseer om aan die SA’s deel te neem in die D0/14 in die 300m-hekkies met ’n tyd van 44.05 sekondes, asook in die 200m met ’n tyd van 25.40 sekondes en die 100m-hekkies met ’n tyd van 13.14 sekondes.
Justin Johansson van Hoërskool Secunda is gekies om aan die 400m vir S0/16 deel te neem en sy tyd in die Mpumalanga-atletiekkampioenskappe was 50.58 sekondes.
Die ander atlete van Hoërskool Secunda wat uitgeblink het, is George Wilbach wat aan die 110m-hekkies vir S0/19 deelgeneem en dit voltooi het in 14.39 sekondes en Shaun Ndlovu wat aan die 300- hekkies vir S0/15 deelgeneem het en dit voltooi het in 41.19 sekondes.
Siyabonga Madlopa en Siyabonga Tshabalala, albei van Hoërskool Standerton, het onderskeidelik aan die 110m-hekkies vir S0/16 en die 800m vir S0/19, asook die 400m vir S0/19 deelgeneem.
Hul onderskeie tye was 14.40 sekondes, 1 min, 43 sekondes en 48.9 sekondes.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



