SECUNDA – Hoërskool Secunda het Saterdag, 13 Maart ’n wintersportdag aangebied en teen Hoërskool Wilgers van Pretoria in die Super Reeks gespeel en al hul wedstryde gewen.
Die eerste rugbyspan het met 39-17 gewen, die tweede span met 15-12, die 0/16-span met 13-10, die 0/15-span met 29-7 en die 0/14-span met 43-5.
Die eerste hokkiespan het met 11-0 gewen, die tweede span met 8-0, die 0/16-span met 8-0, die 0/15-span met 4-0 en die 0/14-span met 12-0.
Die 0/14A-netbalspan het met 10-9 gewen, die 0/15A-span met 44-4, die 0/16A-span met 18-17, die 0/14B-span met 16-1 en die 0/15B-span met 12-4.
Mnr. Paul van den Berg, Hoërskool Secunda se skakelbeampte, het die afrigters geluk gewen met dié goeie prestasies.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



