Sport
Andrew wen IPS-kompetisie
Andrew Zeelie het op 30 Mei die IPS-kompetisie by die Standerton Buiteklub met ’n totaal van 44 punte beklink.
Andrew Zeelie het op 30 Mei die IPS-kompetisie by die Standerton Buiteklub met ’n totaal van 44 punte beklink.
Altesaam 21 spelers het deelgeneem.
Nic Momberg was tweede met 38, Lourie Nel derde met 35, terwyl Casper Roux vierde was met 34 punte.
Aldo Arnaldi en Andrew Zeelie het spog-twee’s behaal.
Die “Coffin Dodgers” speel op 6 Junie teen Walker Park op Evander.
Die Standerton Advertiser se Maandelikse Beker vind op 6 Junie by die klub plaas.
Skakel mnr. Wessel Maree, bestuurder, by 017 719 1123.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



