Local sportSport

Nico wen al sy wedstryde

Hy het ook almal wat hom ondersteun en bydraes lewer, bedank.

SECUNDA – Nico van den Berg, stoeier van Sasol se Stoeiklub, het op Donderdag, 28 Mei aan die Afrika Kadet Stoeikampioenskap in Alexandria, Egipte in die 46-50kg afdeling deelgeneem.

Hy het al sy wedstryde gewen.

Nico het ‘n goue medalje ontvang en is ook die Afrika Stoeikampioen in sy afdeling.

Hy is ook die enigste stoeier in die Suid-Afrikaanse Mans Kadetstoeispan wat ‘n goue medalje verwerf het.

Nico was ook kaptein van die Suid-Afrikaanse mans en vroue kadetspanne.

Die Suid-Afrikaanse Kadetstoeispan het algeheel tweede geëindig.

“Ek gee alle eer aan die Hemelse Vader wat my die krag en talent gegee het om die sport te kan beoefen en te kan presteer,” het Van den Berg gesê.

Die stoeier stoei sedert 3-jarige ouderdom.

Volgens hom kon hy nie sover sonder sy afrigter, mnr. Johan van den Berg, gekom het nie.

Hy het ook almal wat hom ondersteun en bydraes lewer, bedank.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button