Hengelaars maak ’n lyntjie nat
Braam Blignaut het ook vanoggend ’n karp en modderbek vasgekap terwyl André Nienaber met een modderbek, wat hy op ’n piesang-mieliepit gehak het, in sy net spog.

Hengelaars van die Meyerville Hengelklub vang tans kompetisie by hul klubwaters.
Solly du Preez, hengelaar, het gesê: “Die vis is maar onaktief vanoggend weens die koue water.”
Ongeag het hy vroeër ’n vis op ’n erdwurm uitgetrek.
Braam Blignaut het ook vanoggend ’n karp en modderbek vasgekap terwyl André Nienaber met een modderbek, wat hy op ’n piesang-mieliepit gehak het, in sy net spog.
Kry die volledige uitslae in die volgende uitgawe van die koerant.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805