Lorraine de Vos Dansskool se akrobate het onlangs aan die Mpumalanga Streekkompetisie by Sasolklub deelgeneem en al die dansers het plekke in hul afdelings en ouderdomsgroepe behaal.
In die juniorafdeling het Domonique Bezuidenhout ’n eerste plek behaal en Anke Arlow ’n tweede plek.
Marli Kidson het ’n tweede plek behaal in die seniorafdeling, Daina Boucher ’n derde plek en Belinda Delport ’n vierde plek.
Dané Mellet, Mareli Venter, Marjohane Kruger, Chenique Minnie, Charné Erasmus, Liney Swart, Maretha Louerens, Je’laine Austin, Suné Henderson, Imke Otto en Bianca Henderson het ook tydens die kompetisie presteer.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



