Hoogies-krieket blink uit
Die eerstespan speel weer op Saterdag, 15 Augustus teen Hoërskool Middelburg.
Hoërskool Hoogenhout se eerste krieketspan het op Saterdag, 1 Augustus teen HTS Middelburg in die Superliga te staan gekom en met vier paaltjies gewen.
Die span het Middelburg vir 99 lopies in 28 beurte uitgeboul.
Hoogies het die telling in die 20ste beurt behaal.
Die eerstespan se beste boulers was Albertus Richter met 3/10 in 3,5 beurte en Ashley Methula 3/16 in 6 beurte.
Siyabonga Mtsweni was die beste kolwer en het 31 lopies van 37 balle aangeteken.
Die skool se 0/15-krieketspan het ook teen HTS Middelburg gespeel, maar verloor.
Hoogies se beste boulers was Tiaan du Preez (3/41), Coetzee Richter (3/42) en Danie Coetzer (24 lopies).
Die eerstespan speel op Saterdag, 15 Augustus teen Hoërskool Middelburg.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



