Local sportSport

Adendorffs se rolle vereis fyn voetwerk en ook beplanning

Theuns en Joanne het albei die nodige ervaring in hul onderskeie rolle.

Die Adendorff-egpaar van Standerton is deesdae ‘n bekende gesig by die Standerton Buiteklub en woel om sake glad te laat verloop.

Theuns, die gholfklub se nuwe kaptein, en Joanne, die nuwe klubbestuurder, het albei die nodige ervaring in hul onderskeie rolle.

Theuns, met ‘n voorgee van 13, speel reeds 19 jaar gholf nadat hy deur onder meer Lourens Steenkamp en Aldo Arnaldi aan diĆ© sport bekendgestel is.

Mnr. Theuns en me. Joanne Adendorff leef voluit in hulle onderskeie rolle as gholfklubkaptein en klubbestuurder.

Joanne, met haar jarelange blootstelling aan die kleinhandel-bedryf, werk gewoonlik normale kantoorure, maar as daar funksies aangebied word, sal sy eers laat huis toe vertrek.

Hulle is al agt jaar getroud en het op Standerton ontmoet en hul paaie kruis op die plaaslike rolbalbaan waar aan die besigheidsliga deelgeneem word.

Krieket, tennis en muurbal word ook deur Theuns beoefen, terwyl Joanne verlede jaar op die netbalbaan te siene was.

 

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button