Standerton DeKalb Rugbyklub oortuig gewis met sege van 67-7
Aanvanklik het die eerste helfte nie vir veel opwinding gesorg nie, maar toe Standerton eers die kalklyn oor was, was daar geen keer nie met sewe spelers wat 11 drieë aangeteken het.

Standerton DeKalb Rugbyklub se eerstespan het Carolina se eerstespan die afgelope naweek met 67 – 7 laat les opsê in die ligawedstryd op Vaalrivierskool se veld.
Die skeidsregter van die Puma Unie het die spelers vir 20 minute laat wag voordat die afskop eers begin het.
Carolina het die eerste afskop gehad wat Standeron dadelik op die aanval gesit het.
Aanvanklik het die eerste helfte nie vir veel opwinding gesorg nie, maar toe Standerton eers die kalklyn oor was, was daar geen keer nie met sewe spelers wat 11 drieë aangeteken het.
Hendrik Coetzee het vir 17 punte gesorg met een drie en ses verdoelskoppe.
Jurgen Steinback het ‘n driekuns behaal wat hom tweede met 15 punte op die puntemakerslys geplaas het, terwyl Christof Turner en Fanafuthi Motloung derde plek met elk twee drieë behaal het.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.