Hengelaars trotseer koue
Altesaam 31 hengelaars, waaronder drie besoekers, het 162 visse met ’n totale gewig van 80,587kg aan wal gebring

Meyerville Hengelklub het onlangs ‘n kompetisie by die klubwater aangebied waar 31 hengelaars, waaronder drie besoekers, 162 visse met ‘n totale gewig van 80,587kg aan wal gebring het.
Solly du Preez het in die meestersafdeling geseëvier met 16 visse van 7,017kg, gevolg deur Pikkie Gleeson met agt visse van 6,367kg en Pikkie Petzer met agt visse van 3,603kg.
Petzer het ook in dié afdeling ‘n rekordmodderbek van 1,322kg gevang wat die vis van die dag was.
Phlippie van Vuuren het die seniorafdeling beklink met 18 visse van 10,582kg, terwyl Gerhard Lues tweede met 14 visse van 6,291kg en JP Kleynhans derde met 11 visse van 5,421kg geëindig het.
Jan Venter het in dié afdeling die vis van die dag, ‘n modderbek van 0,913kg, vasgekap.
Marianne Erasmus was onoorwonne in die vroue-afdeling met vyf visse van 6,639kg, Chinique Roelofse tweede met ses visse van 2,529kg en Isa Pretorius derde met twee visse van ,873kg.
Pretorius kon in dié afdeling met die vis van die dag, ‘n modderbek van 0,535kg, spog.
Lianell Kleynhans het koning in die juniorafdeling gekraai met ses visse van 2,777kg en in dié afdeling die vis van die dag, ‘n modderbek van 0,580kg, inkatrol.
Lourens van Vuuren was tweede met vyf visse van 1,946kg en Germarie Pretorius derde met vier visse van 1,24kg.
Die volgende kompetisie vind op 10 Junie by die klubwater plaas.
Hengelaars kom om 6.15vm by die hek bymekaar en sal van 7vm tot 3nm hengel.
Vir meer inligting skakel Marianne Erasmus by 083 712 4858.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 5bf99755
WhatsApp – 0731082205



