Local sportSport

Hengelaars kap 139 visse vas tydens kompetisie by Meyerville Hengelklub

Altesaam 31 hengelaars trotseer koue om 139 visse met ’n totale gewig van 96,346kg aan wal te bring.

Meyerville Hengelklub het op 10 Junie ‘n kompetisie by die klubwater gehou waar 31 hengelaars die koue trotseer het om 139 visse met ‘n totale gewig van 96,346kg aan wal te bring.

Piet van der Merwe het in die meestersafdeling geseëvier met 14 visse van 9,278kg. gevolg deur Solly du Preez met agt visse van 4,961kg wat ook die vis van die dag, ‘n modderbek van 1,060kg, vasgekap het.

Carel Lombard was in dié afdeling derde met vyf visse van 5,638kg.

Jan Venter maak lyn nat.

Gerhard Lues het die seniorafdeling verower met 16 visse van 9,742kg. terwyl Anrich Viljoen tweede met 10 visse van 8,756kg geëindig het en Danie Human derde met 10 visse van 3,41kg.

Jan Venter het die vis van die dag, ‘n modderbek van 1,055kg, gevang. Cheniqë Roelofse was onoorwonne in die vroue-afdeling met sewe visse van 4,328kg. Monica Schonken was tweede met ses visse van 5,089kg en kon spog met die vis van die dag, ‘n modderbek van 1,187kg.

Marianne Erasmus het die derde plek met vier visse van 1,132kg behaal.

Deon Jacobs lyk heel ingenome met sy modderbek

Lianell Kleynhans het koning in die juniorafdeling gekraai met vier visse van 0,956kg. gevolg deur JT Pretorius met een vis van 1,185kg en Germarie Pretorius met een vis van 0, 622kg. Germarie Pretorius het ook die vis van die dag in dié afdeling, ‘n modderbek, inkatrol.

Die klub het me. Virna Vorster van die Hengelkas bedank vir die borg van die pryse.

Die volgende kompetisie vind op 8 Julie by die klubwater plaas.

Vir verdere inligting skakel Marianne Erasmus by 083 712 4858.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button