Local sportSport
Sasol Ringbalklub kwalifiseer vir Gert Sibande-span
Span gaan aan die nasionale kampioenskappe in Mbombela deelneem.
Lede van Sasol Ringbalklub op Secunda het vir die Gert Sibande-ringbalspan gekwalifiseer wat in Julie aan die nasionale kampioenskap in Mbombela gaan deelneem.
Die mans wat gekwalifiseer het, is Daniel van der Venter, Jaco de Wet, Willie Potgieter, Jan Mocke, Pieter de Wet, Frans Nauman, Koot Meyer, Alex Maartens, Andre van Wyk en Corrie Potgieter.
Vroue wat vir die span gekies is, is Marietha Dippenaar, Lehana Ellard, Nanette Bloem, Chantel Mocke, Krizelda Nel, Chanel Krige, Trix van der Berg, Adri Potgieter, Cherilene de Wet, Wilma Labushagne, Annelia de Wet, Elcheree de Wet, Hannelie van der Gryp en Ansa Potgieter.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



