Skote klap vir punte by Evert Genis-skietbaan
Daar het 41 skuts aangelê en gekorrel vir die maandelikse skiettabel van die Kosmostak.
Die Kosmostak van die Suid-Afrikaanse Jagtersvereniging het die afgelope naweek die maandelikse skiettabel aangebied.
Altesaam 41 skuts het aangelê en gekorrel.
Die uitslae vir die Swartwildebees vlakte is:
Mans:
Jako Steenkamp met 43.03 uit 45 punte.
Stoffel Bester met 40.01 uit 45 punte.
Jaco Booysen met 37 uit 45 punte.
Vroue:
Annatjie Buys met 28 uit 45 punte.
Elri Bester met 16 uit 45 punte.
Laurenza Visagie met 15 uit 45 punte.
Juniors:
Carel Bester met 27.01 uit 45 punte.
Rooibok sonder rus:
Mans:
Riaan Booysen met 44.01 uit 45 punte.
Jean van den Berg met 43.02 uit 45 punte.
Stoffel Bester met 41.03 uit 45 punte.
Juniors:
Jean van den Berg met 43.02 uit 45 punte.
Jaco Booysen met 35.02 uit 45 punte.
Carel Bester met 33.04 uit 45 punte.
Senterslag pistool 20m:
Mans:
Michael Podges met 150.02 uit 200 punte.
Jako Steenkamp met 149.02 uit 200 punte.
Harry Beukes met 147 uit 200 punte.
Haelgewees (Fisant):
Mans:
Harry Beukes, Riaan Rijsbergen asook B. Human het almal 13 uit 15 punte in die afdeling behaal.



