Local sportSport

Standerton DeKalb Rugbyklub vermorsel Highveld 1 span van Witbank 83-7

Die skrif was egter teen die kerkmuur, ja man, die selfde een waardeur die koeël óók is, Standerton was nét te goed op die dag.

Standerton DeKalb Rugbyklub was verbete in hul aanslag toe hul die afgelope naweek 83-7 met die span van eMalahleni (Witbank), Highveld 1, afgereken het.

Dit was nog nie eers twee minute in die wedstryd in nie, toe Standerton met punte op die telbord spog.

Jy mag dalk onder die indruk wees dat dit dalk ’n gelukkie was, maar nie eers vyf minute hierná nie, toe raak Standerton weer eens ‘gelukkig’, na ’n puik breekslag deur agtsteman, Jurgen Steinbach.

Die manne van Witbank is keer op keer ore aangesit op verdediging en Standerton was geensins van plan om brieke aan te sit nie.

Wat die stelskoppe betref, was dit nie die perfekte weer nie, die wind het méér gehuil en geraas as ’n tiener se ma wat uitgevind het hy rook.

Vir die Standerton-span het dit skop-oefening beteken en bykans elke speler is ’n geleentheid gegun om te probeer, wie sou kon raai dat dié stut, JP Lange, se eintlike posisie losskakel moes wees?

Sien al die foto’s HIER

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button