Local sportSport

Ermelo skuts korrel goed gedurende Laeveld Jagtersvereniging klubskietdag

Die lede van die Laeveld Jagtersvereniging het Saterdag ’n klubskietdag op die plaas Klipfontein aangebied.

In die haelgeweerafdeling vir senior vroue was Antoinette du Plessis eerste, René de Beer tweede en Christelle Neethling derde.

Jannie Myburgh was eerste in senior mansafdeling met Fernando Jardim tweede en Johan May derde.

Gerhardt Breedt was eerste in die veterane-afdeling met Costas Klontis in die tweede plek.

Melissa du Plessis was die junior vrouewenner.

In die afdeling vir junior seuns was Pieter de Beer eerste, Reynard Botha tweede en Jonathon du Toit derde.

In die handwapenafdeling vir senior dames was Thelmari Aucamp, Christelle Neethling en Antoinette du Plessis onderskeidelik eerste, tweede en derde.

Onder die senior mans was Piet van den Heever eerste, Jannie Myburgh tweede en Jan-Harm Hugo derde.

Costas Klontis was eerste onder die veterane en Gerhardt Breedt tweede.

Melissa du Plessis was die wenner in die afdeling vir junior vroue.

Die junior seunsafdeling is gewen deur Jonathon du Toit, met Reynard Botha tweede en John Henri van Zyl derde..

In die semi-afdeling (senior vroue) was Christelle Neethling die wenner, Thelmari Aucamp tweede en Antoinette du Plessis derde.

Die senior mansafdeling is gewen deur Jan-Harm Hugo met PW van der Merwe tweede en Deon du Plessis derde.

Die eerste veteraan was Gerhardt Breedt en Costas Klonatis was tweede.

Die junior vrouewenner was weer Melissa du Plessis.

In die algehele afdeling (senior vroue) was Thelmari Aucamp eerste, Christelle Neethling tweede en Antoinette du Plessis derde.

Die senior mansafdeling is gewen deur Jannie Myburgh, tweede was Jan-Harm Hugo en Piet van den Heever derde.

Melissa du Plessis was weer die junior vrouewenner.

Jonathan du Toit was eerste in die junior seunsafdeling met Reynard Botha tweede en Pieter de Beer derde.

In die junior-junior afdeling is die eerste plek deur Stiaan van den Heever en JC van den Heever gedeel.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button