Ervare in jare vat jongmanne op rugbyveld aan
Die Veterane gaan die 0/16-reüniespan van 1997 in ’n wedstryd aanvat

Die komende naweek, 22 Julie is dit die Veterane Rugbymanne teen die 0/16-span van 1997 by Vaalrivierskool ten bate van die Cystic Fibrosis (CF) Trust.
Die Veterane gaan die 0/16-reüniespan van 1997 in ‘n wedstryd aanvat.
Die hekke gaan vanaf 11.30vm oop wees en die koste is R10.
Daar sal hope vermaak wees met 7’s rugbywedstryde wat voor die hoofwedstryd gaan plaasvind.

Moenie die groot dag misloop nie, dit gebeur slegs elke 10 jaar.
Hoërskool Standerton se 0/16- rugbyspan van 1997 het in 2007 ‘n tradisie begin om terug te keer na die skool wat ‘n rol gespeel het in die ontwikkeling na volwassenes wat positief tot die samelewing bydra.
Die span het 20 jaar later Standerton DeKalb Rugbyklub se veterane uitgedaag vir ‘n wedstryd en SHS se 0/16-rugbyspan het besluit dat dit die gulde geleentheid is om die gees van rugby ten toon te stel.
Die leuse van die span is: “Want ons kan!”
Daar sal kos en drinkgoed te koop wees en alle opbrengste gaan aan die CF Trust geskenk word.



