Local sportSport

Bethal Jagtersvereniging hou eersdaags ’n groeperingskietdag

Die baan beskik nou oor 20 skietteikens en skietpunte waar skuts tot op 500 meter ver kan skiet.

Die Bethal Jagtersvereniging is vanjaar 24 jaar oud en is die oudste tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging.

Die tak is op 24 Maart 1993 gestig.

Die stigtingslede het uit 15 lede bestaan en deur die jare het hulle só gegroei dat hulle nou met 543 lede spog.

Altesaam 65 van dié lede is juniors jonger as 16.

Volgens mnr. Willie Oosthuizen, voorsitter, lê juniorlede die klub na aan die hart.

’n Jagkamp word jaarliks aangebied en word deur sowat 70 juniors bygewoon.

Die kamp is vir laerskoolleerders van gr. 3 tot gr. 7.

“Tydens die kamp word daar gefokus om die kinders van onder andere veldkuns, skietkuns, wapenhantering, vuurwapenveiligheid, skootplasing, jagetiek, wilduitkenning en vele meer te leer.”

Mnr. Oosthuizen het gesê dat kinders na afloop van só ’n kamp, ’n amptelike sertifikaat van die tak ontvang.

As kinders drie of meer kampe bygewoon het, word hulle op die hoërskoolkamp gestuur wat meer gevorderd is.

Wanneer kinders genoeg opleiding ontvang het en oor genoeg selfvertroue beskik, word hulle op 16-jarige ouderdom blootgestel aan hul eerste jagtog waar hulle saam met die volwassenes bokke kan jag.

Volgens mnr. Oosthuizen moet dié kinders ook help met die afslag van die bok en later die verwerking van die vleis, biltong en droë wors.

Die klub hou maandeliks ’n skietdag wat op hul eie geakrediteerde skietbaan plaasvind.

Dié skietdae is gewoonlik die derde Saterdag van elke maand.

Vier groot skietdae vind deur die jaar plaas.

Tydens twee skietdae word die gewone skietoefeninge van die vereniging gedoen en in Augustus word ’n groeperingskietdag aangebied.

Die skietdag in Augustus word in samewerking met die Bethal Gereformeerde Kerk gehou.

Die klub se hoogtepunt jaarliks is in April wanneer hulle, in samewerking met die PMP, ’n groot groeperingskietdag aanbied.

Op dié dag kom skuts van sover as Pretoria om hier deel te neem.

Meer as R60 000 se pryse is tydens die groeperingskietdag op die spel.

Mnr. Oosthuizen het daarop gewys dat die klub baie moeite gedoen het om hul skietbaan op te gradeer.

“Die baan beskik nou oor 20 skietteikens en skietpunte waar skuts tot op 500 meter ver kan skiet.”

Die groeperingskietdag word op 16 Augustus by die tak se skietbaan aangebied.

Skakel mnr. Oosthuizen by 082 493 6689.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button