Local sportSport

Hengelaars verbeter kolgooitegnieke

Andries Maree en Schalk van Breda het alby agt agter een volgende jare Protea kleure vir hengel ontvang.

Secunda Hengelklub het Saterdag, 8 Julie ’n kolgooi- en hengelkliniek by Laerskool Trichardt aangebied.

Andries Maree en Schalk van Breda het albei agt agtereenvolgende jare Protea-kleure vir hengel ontvang.

Hulle was al dié jare penmaats.

Hengelaars wat gretig was om te leer, het die dag bygewoon en aandagtig na Andries en Schalk geluister.

Daar is gedemonstreer hoe jy maklik op droë grond kan oefen om jou rigting en afstand te verbeter.

“Moenie tevrede wees met die tweede beste nie.

“Wanneer jy in jou hart voel jou gooi is nie reg nie, gooi oor,” het Andries gesê.

Hy het ook genoem dat jy nie ’n gewiggie wat te swaar is, in vlak water moet gebruik nie.

Wanneer die gewiggie te swaar is, sink dit te vinnig of beland in die modder.

“Jy moet jou stok gebruik om te mik en onthou dat wanneer jou voete skuif, jou skouer ook moet skuif.

“Jy moet die heeltyd saam met jou stok skuif.” het Schalk gesê.

Hengelaars het met ’n gholfballetjie voor aan die lyn kolgooi en afstandgooi geoefen.

Volgens Schalk werk dit lekker en is dit goed om so te oefen.

Wanneer gewiggies op droë grond gebruik word, kan dit buig.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button